NG Kerk Groot-Brakrivier

Jesus vir ons, vir almal

Wie is ons?

Jesus vir ons, vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus. Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterkpunte.

Die gemeente strek vanaf Tergniet in die weste tot by Hersham in die ooste. Na die noordekant val die plaaswyke Gonnakraal, Sorgfontein, Vlakte, Langhoek en Voorbrug ook binne ons grense.

326 lidmate woon buite die gemeentegrense, nl. in Danabaai, Mosselbaai, Hartenbos, Reebok, Klein-Brakrivier, Fraai-Uitsig, Pienaarstrand, Outeniquastrand, Glentana, George en Heroldsbaai.

Ons gemeente bestaan uit ongeveer 1400 belydende- en 210 dooplidmate (kinders). Hulle is ingedeel in 25 blokke, wat elk bedien word deur ‘n ouderling, diaken en ‘n paar dienswerkers.

Aktueel

  • Nuusflitse Week 17+ van 2024

    Nuusflitse Week 17+ van 2024

     Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00Woensdag 24 April 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00Saterdag 27 April 2024 : • Gemeentefees.Sondag 28 April 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • GEEN Kategese Wolwedans boodskap, sop en brood 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19…

    Lees meer…


Aktiwiteite