NG Kerk Groot-Brakrivier

Jesus vir my, Jesus vir ons, Jesus vir almal!

Advent

Erediens tye vir Desember

14 Desember 09:00 Dr. Nadia Marais
14 Desember 10:00 Groenkloof Ds. Herman Burger
21 Desember 09:00 Dr. Gerrie van Deventer

Kersdag Dienste
25 Desember 07:00 Ds. Charné Viljoen
25 Desember 08:00 Ds. Charné Viljoen
25 Desember 09:00 Dr. Frans Hancke
25 Desember 10:00 Dr. Frans Hancke

28 Desember 2025 09:00 Prof. Fanie Snyman

Oujaarsdiens
31 Desember 2025 18:00 Ds. Charné Viljoen

Wie is ons?

Wie is ons?

Jesus vir my, Jesus vir ons, Jesus vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterkpunte.

Ons Waardes:

Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid

Die gemeente strek vanaf Tergniet in die weste tot by Hersham in die ooste. Na die noordekant val die plaaswyke Gonnakraal, Sorgfontein, Vlakte, Langhoek en Voorbrug ook binne ons grense.
326 lidmate woon buite die gemeentegrense, nl. in Danabaai, Mosselbaai, Hartenbos, Reebok, Klein-Brakrivier, Fraai-Uitsig, Pienaarstrand, Outeniquastrand, Glentana, George en Heroldsbaai.
Ons gemeente bestaan uit ongeveer 1400 belydende- en 210 dooplidmate (kinders). Hulle is ingedeel in 25 blokke, wat elk bedien word deur ‘n ouderling, diaken en ‘n paar dienswerkers.

Gereelde Items en Reekse

Gereelde Items en Reekse

  • Nuusflitse Week 51+ van 2025 Week 1+ van 2026

    Sondag 14 Desember 2025 : Erediens om 09:00 Dr. Nadia Marais
    14 Desember 10:00 Groenkloof Ds. Herman Burger
    14 Desember 18:30 Coffee & Connect in die Kerksaal
    21 Desember 09:00 Dr. Gerrie van Deventer
    21 Desember 18:30 Coffee & Connect in die Kerksaal
    Kersdag Dienste
    25 Desember 07:00 Ds. Charné Viljoen
    25 Desember 08:00 Ds. Charné Viljoen
    25 Desember 09:00 Dr. Frans Hancke
    25 Desember 10:00 Dr. Frans Hancke
    28 Desember 2025 09:00 Prof. Fanie Snyman
    31 Desember 2025 18:00 Oujaarsdiens Ds. Charné Viljoen

    Lees die volledige afkondigings hie

Bybel dagstukkies
Bybel dagstukkies
  • Skep asem vir vandag: 15 Desember 2025

    15 Desember

    My wens en gebed is dat jy sal leer wat geloofsvertroue is. Hier is God se Woord vir vandag.

    Tema: Wag vir die Here se uitkoms

    Teks: “Wees nou maar net geduldig totdat ons sien wat gebeur….” (Rut.3:18 – Die Boodskap)

    • Die Almagtige Here werk op Sy tyd.
    • Naomi sê vir Rut sy moet geduldig wag totdat Boas reggekry het wat hy beplan – dit gebeur nie dadelik nie.
    • Geloof is om die Here te vertrou. Hy doen die onmoontlike.
    • Soms moet die tyd net uitspeel sodat jy daarvoor gereed is.
    • Jy sal sien die uitkoms gaan kom – wag net.

    Gebed

    Liewe Vader, help my om geduld te kry sodat ek kan wag totdat U U plan vir my lewe ‘n werklikheid maak.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Advent
‘n Lig in die duisternis

Wat doen ons : Aktiwiteite

Wat doen ons: Aktiwiteite

Waarna luister ons: Praise & Worship