Skep asem vir vandag: 8 April 2025

8 April

Ek wens dat jy die Here sal vertrou dat Hy jou sal gebruik, ongeag wie jy is. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel aan jou.

Tema: God gebruik enige persoon

Teks: “ Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers,” (Gen 37:2)

  • Dikwels voel jy nie bevoeg om iets aan te pak nie. Jy is dalk bang om ‘n nuwe lewensfase binne te gaan.
  • Die Here kyk nie na hoe jy uiterlik lyk nie, maar rus jou met Sy Gees innerlik toe.
  • Moenie bang wees om geleenthede wat oor jou pad kom, aan te gryp nie. Doen dit!
  • God maak jou daarvoor bekwaam en bevoeg (Fil 2:13).
  • Die Here God sal jou baie gelukkig maak as jy jou lewensreise in geloof aanpak.

Gebed

Liewe Vader, laat ek elke geleentheid deur geloof aangryp.

In die Naam Van Jesus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.